Wednesday 8 June 2011

TYD TOT EWIGHEID

Oënskynlik langsaam...tydsaam,
tik-tak die klepel  die sekondes af...
stadig, rustig, jy kan hom nie
aanhaas - nie stadiger dwing...
en die minute vloei in ure
en op die uur, elke uur,
vertel die klokkespel die verhaal
van nog 'n tydvak in die lewe
ongeag, ongemerk
vir ewig verby...omgegly...
en dae...word weke...word maande..
so vlieg dekades
onnadenkend, onverskillig om
en dit is àl tyd wat ek en jy kry
om vir die ewigheid voor te berei.

No comments:

Post a Comment