Monday 13 June 2011

ONBEREIKBAAR...

Onbereikbaar die geluk wat soos 'n fyn, volronde,
ligdeursigtig seepbel
na my sweef...

moeiteloos in vlug.

Aanloklik mooi weerkaats spektrale kleure teen 'n tafereel
van saffierblou lug, altoos nader - glim, beweeg; glim, beweeg -
uitnodigend tot binne kringreik van my wagtend hande.

Bruisend die emosie wat wil dat ek hierdie volmaaktheid
aanraak... deel... ons eie maak...

Ek reik na jou...

Hoe naïef van my - daar's niks!

Jy't reeds gedraai jou rug.

Stilstom, hart en uitgestrekte hande leër as leeg,
kyk ek hoe jy seepbelle blaas terwyl jy weg beweeg.

No comments:

Post a Comment