Tuesday 16 August 2011

MY 'HANDSOME DUDE'

'Pet' en 'skin' het jy my genoem;
omdat ek so naby is as jou vel het jy bedoel -
geliefde 'pommie' - my 'handsome dude', my pêl.

Die troukoek, drie lae, reeds bestel,
Franse kant, en sy, vir die rok gesny en gespeld.
Uitnodigings, indrukwekkend en formeel
reeds na die Windsors oorsee verseel-
op die rol van dromme sou ons na mekaar tree...

Toe ry ons die dag jou troupak te haal -
opgewonde, gelukkig; ons het albei gestraal,
Jy't so 'n skewe, stout glimlaggie gelag
daar op die Witkoppen pad.
Daardie bruin oë glinsterend sag:
"Vandag nog net 'n maand," het jy gesê,
"ek kan nie wag nie, ek wil jou hê."

'n Sewe ton vragwa met sand gelaai
het onverwags ons pad, en lewens, gekruis...
rubber het bo die geruis van enjins geskree!
Vlymskerp metaalrepe skeur ons vir altyd uiteen...
en ons droom stol - saam met jou bloed - op die teer,
My 'handsome dude' - sien jou anderkant weer.

No comments:

Post a Comment