Monday 23 May 2011

DIE NERINA'S BLOM

Kom nader, my kind, kom staan hier by my;
sien hoe teen die asuurblou lug
skelpienk trompette skal in helder middaglig.
Kyk hoe dans die stingels grasieus
op maat van die suid-ooste wind, my kind.

Hoor my roep, maak gou, maak haastig, kom kyk!
Te gou is die kortstondige seisoen verby en
is verdorde knolle onder kluite grond
àl wat van oorvloedige uitbundigheid bly...

No comments:

Post a Comment