'Pet' en 'skin' het jy my genoem;
omdat ek so naby is as jou vel het jy bedoel -
geliefde 'pommie' - my 'handsome dude', my pêl.
Die troukoek, drie lae, reeds bestel,
Franse kant, en sy, vir die rok gesny en gespeld.
Uitnodigings, indrukwekkend en formeel
reeds na die Windsors oorsee verseel-
op die rol van dromme sou ons na mekaar tree...
Toe ry ons die dag jou troupak te haal -
opgewonde, gelukkig; ons het albei gestraal,
Jy't so 'n skewe, stout glimlaggie gelag
daar op die Witkoppen pad.
Daardie bruin oë glinsterend sag:
"Vandag nog net 'n maand," het jy gesê,
"ek kan nie wag nie, ek wil jou hê."
'n Sewe ton vragwa met sand gelaai
het onverwags ons pad, en lewens, gekruis...
rubber het bo die geruis van enjins geskree!
Vlymskerp metaalrepe skeur ons vir altyd uiteen...
en ons droom stol - saam met jou bloed - op die teer,
My 'handsome dude' - sien jou anderkant weer.
Hierdie is die nesskopplek van my kreatiewe kant. Sommer net 'n plek waar ek kan loslaat wat binne is sonder vrese of verwagtings. My hoop is dat dit wat ek hier neerpen vir iemand 'n bietjie kleur op 'n vaal dag kan bring.
Labels
- Devotions (139)
- Gedigte (15)
- Library (1)
- Paintings (2)
- Poems (6)
- Praise and Worship (4)
- Skets (7)
- Vir die kleinspan (2)
Showing posts with label Gedigte. Show all posts

Tuesday, 16 August 2011
Wednesday, 27 July 2011
ONS VIR JOU SUID-AFRIKA
Soos 'n verflenterde, lankvergete lappop -
onder jou eie bed ingeprop, of geskop -
met kledingstukke in jou keel afgedruk en om jou kop gedraai...
eenkant, alleen...
Minagtend van jou regte as kind, as mens, ontneem.
Sonder inagneming van ouderdom, ras, kultuur of persoon
is jy prinsessie, brutaal, binne jou ouerhuis onttroon.
Net vier jaartjies oud; jou liggaampie nou grotesk styf en koud:
van jou is geëis die duurste prys te betaal
vir die afgryslike 'eer' om die misdaadstatistiek van die Suid-
Afrikaanse demokrasie te verhaal.
Nkosi 'Sikelele Afrika!
"Diverse volke verenig" ons leuse: die leuen, die tragiek van ons lewe.
Tussen water en elektrisiteit tekort
walm ons alkohol deurdrenkte asems haatspraak
en is die tik van bedwelmde nagtelike ure in rookgevulde 'underground' ons kinders se vermaak.
(Selfs ook diè wat geen tuiste het behalwe die straat)
en ons...
Ons jaag om uit frustrasie, woede, jaloesie en met frenetiese haas
mekaar agteraf te beskinder, te besteel, te bedrieg, te kaap of sommer
net 'goedsmoeds' van die gras af te maak!
Rondom ons, dwarsdeur ons wonderskone land,
geprys vir natuur- en politieke wonders - van hoek tot kant
word lewens afgemaai; sterf mense soos vlieë om elke draai,
terwyl polisiemanne berzerk hulself die ewigheid instuur
liewer as om langer die las en stres van die "job" te verduur.
Nog ander wat nie kan oorleef op karige salarispakket (vir die beskerming
van ons burgers, misdaadvoorkoming en handhawing van die wet!)
bestee hul tyd om hul beloning deur afdreiggelde aan te vul en het derhalwe nie
die begeerte of die wil om elke nietige misdaad en misdaadtoneel deurdag te ondersoek.
Landsburgers se belasting betaal
vir die regte en geleerdheid van die krimineel
in oorvol tronke; hulle wat ons daagliks ons eiendom, eer, veiligheid, en lewens
ontneem,
wyl derduisende kinders van honger of Vigs vergaan en ons kos,
petrolpryse en opvoedkundige isntansies se fooie maandeliks die hoogste pryse
haal - en 'n té klein getal, buite die tronkmure, 'n voldoende opvoeding geniet!
Wyl anargie en loonstakings heers, sit regeringsamptenary, op alle vlakke, sonder
om die nodige dienste te lewer, met bultende sakke vol bonusse en kieste blink-
vet van bedrog in weelde om gelaaide tafels op die 'gravy'-trein en in straler-
tuie vanwaar hulle hulself verdedig as onbekwaam, sonder 'skills', en agterge-
blewe en neem dienooreenkomstig besluite om ons kulturele tradisies, plek- en
straatname, asook ons godsdienstige leer, saam met geregtigheid, wettige huwelike
én ons ongebore babas, te aborteer.
"Ons sal lewe...
Ons vir jou, Suid-Afrika!"

Wednesday, 22 June 2011
DIE SPERMSKENKER
Dudrich, Dick, Diedrik, Jan, Dirkie en Dirk
was die name van 'n groot, sterk, aantreklike skurk
wat onverdienstelik sag gesterf het - in sy slaap -
sonder 'n geleentheid om ten laaste sy sakies met enigeen reg te maak.

Monday, 13 June 2011
ONBEREIKBAAR...
Onbereikbaar die geluk wat soos 'n fyn, volronde,
ligdeursigtig seepbel
na my sweef...
moeiteloos in vlug.
Aanloklik mooi weerkaats spektrale kleure teen 'n tafereel
van saffierblou lug, altoos nader - glim, beweeg; glim, beweeg -
uitnodigend tot binne kringreik van my wagtend hande.
Bruisend die emosie wat wil dat ek hierdie volmaaktheid
aanraak... deel... ons eie maak...
Ek reik na jou...
Hoe naïef van my - daar's niks!
Jy't reeds gedraai jou rug.
Stilstom, hart en uitgestrekte hande leër as leeg,
kyk ek hoe jy seepbelle blaas terwyl jy weg beweeg.

Saturday, 11 June 2011
OOMBLIKKE VAN GELUK
Guitig, nuuskierig sonstraal steel skelm deur gordyn se spleet,
oopgewarrel deur die lui, lou wind;
gooi speels 'n laserstraal helderlig oor die stil-tevrede gesig
van die kind, op haar maag, op die vloer;
kaalvoet, bene ritmies swaaiend in die lug
waar sy met helder kleure lewe en gestalte kryt
in spasies tussen swart omlynings nou smal,
dan rond, soms nou, dan weer wyd.
Neusvleuels speur die veilig, bekende geure na van krytwas,
kos wat prut, blomgeure wat by die oop deur inglip.
_____________________________________________________________
Pa roep! Ek spring op.
Hy wag buite op die trapfiets en swaai my hoog.
Sit sy arms beskermend weerskante van my en ons ry
deur die veld.
Ek lê terug teen sy bors waar ek sy hart voel klop;
ruik die gras en kruidbos; voel die son op my kop.
Daar's niks wat my kwel.
Somersmiddae - oomblikke van geluk - in die lewe van 'n kind.

Wednesday, 8 June 2011
TYD TOT EWIGHEID
Oënskynlik langsaam...tydsaam,
tik-tak die klepel die sekondes af...
stadig, rustig, jy kan hom nie
aanhaas - nie stadiger dwing...
en die minute vloei in ure
en op die uur, elke uur,
vertel die klokkespel die verhaal
van nog 'n tydvak in die lewe
ongeag, ongemerk
vir ewig verby...omgegly...
en dae...word weke...word maande..
so vlieg dekades
onnadenkend, onverskillig om
en dit is àl tyd wat ek en jy kry
om vir die ewigheid voor te berei.
tik-tak die klepel die sekondes af...
stadig, rustig, jy kan hom nie
aanhaas - nie stadiger dwing...
en die minute vloei in ure
en op die uur, elke uur,
vertel die klokkespel die verhaal
van nog 'n tydvak in die lewe
ongeag, ongemerk
vir ewig verby...omgegly...
en dae...word weke...word maande..
so vlieg dekades
onnadenkend, onverskillig om
en dit is àl tyd wat ek en jy kry
om vir die ewigheid voor te berei.
Monday, 6 June 2011
PASSIEMOORD
Verwoed slaan die weemoedig huilend wind die swaar,
digte sluiers reën, koud soos jou hart, teen ruite,
muur en die reeds nat teerpad vas vanwaar dit spat
vanonder swart voortsnellend motorbande onder skel
weerkaatsend kleure van die neonnag - op pad na waar?
En deur dit alles heen hoor ek die klaend, vraend,
priemend klag van jou moederhart wat ween:
"My seun, my seun..."
Liefdesvrug, vervulling van drome en van hoop
op ewig glorie uit beloftes in die Woord;
oordrag van ons gene;
erfgenaam in kringloop
van ons aardse lewensloop.
Afhanklikheid gekoester in en teen moedershart
in die sagte, warm omhelsing van arms wat jou
hou, toevou en beskutting beloof teen die nag se donkerkou.
Gedagtes aan jou kon 'n glimlag toor
selfs in tye van siekte, smart of wintergrou.
Jy! Die sonlig in moedersdag,
rede om met bruisend lewenskrag die lewe vreugdevol toe te lag,
en met blye vooruitsig die toekoms tegemoet te snel.
Op die bestemde tyd wikkel jy jou uit beskermende omhelsing en half-onwillig,
nareikend word laat gaan dat jy onafhanklik verder kan gaan;
opwindende drome te droom en vervulling daarvan te haal.
Liefderyk en met dawerend applous word jou gang toegelag
terwyl 'n biddend moederhart daagliks hande teen mekaar vou.
"En nou, my kind, en nou...?"
Versplinterd soos 'n stukkend spieël lê baie
lewens in skerwe en weerkaats verwronge, onbegrypend grynsend beelde
gebroke, verslae... in rou - "o God, gee genade vir diè verbrokkeling van trou"...
Daar was 'n gil!
Kil en sonder erbarming die knal van skote wat twee
kindertjies, hand-aan-hand, as wese agterlaat...
'n Dubbel graf, twee kiste, kluite in die mistig, druppend reën...
"My seun...my seun..."

Saturday, 4 June 2011
GEDENKDIENS
Ek sit heel agter in die kerk -
tyd afgeknyp op pad na werk.
Niemand bewus van my teenwoordigheid als dominee wat strak na my bly kyk
asof hy weet hierdie vreemdeling se besoek is buitenstyd.
Die geleentheid is die gedenkdiens na 'n lang, liggaam uitmergelende siekte en die dood
van 'n kennis - nie 'n vriendin, nie eens 'n vennoot
wat ek ontmoet het ongeveer vyf-en-veertig jaar gelede -
En gedurende die tydsbestek van die diens ontvou baie meer
van haar menswees, lewe, geluk, liefdes, prestasies en lyding as waarvan ek
ooit bewus was of kan onthou!
Ek kyk rond na almal wat rou of soos ek, hul laaste eer kom betoon.
Skokkend skielik die wete: ons is nou die uitsterwende geslag.
Deur lewenservarings, sukses en mislukkings gevorm:
wat laat ons na, wat het ons in ons tydvak vermag?
En skielik wonder ek ...
lyk ek ook so oud deur die lens van 'n ander se oog?

Wednesday, 1 June 2011
WAT SAL EK Sê VAN MY PA?
Wat sal ek sê van my pa?
Hy was baie weg van die huis, nie fisies daar nie -
Tog was hy nader aan my as enigiemand anders op aarde.
Wat sal ek sê van my pa?
Hy was meeste van die tyd besig - toegewyd aan sy taak,
tog nie te besig om bemoeienis met 'n honger boemelaar te maak.
Wat sal ek sê van my pa?
Hy was met geleentheid (en nie net in sy gedagte) ontrou aan sy vrou -
tog was sy ouerhart trouer as meeste wat ek ken of kan onthou.
Wat sal ek sê van my pa?
Hy had vir 'n kort tydjie 'n dors vir 'n sopie
tog het hy sterk gestaan is sy geloof - nooit daarvan gestroop nie.
Wat sal ek sê van my pa?
Hy was onvolmaak soos elke ander geskape wese;
tog was om God te behaag, sy hoogste prioriteit, sy opregte begeerte.
Wat sal ek sê van my pa?
Hy was my vangnet teen die lewe se swaar -
tog moes hy soms hulpeloos toekyk hoe reuse branders my slaan.
Wat sal ek nog sê van my pa?
Ek was lief vir hom en hy vir my...
uiteindelik is dit die enigste woorde van betekenis vir my.

Saturday, 28 May 2011
Thursday, 26 May 2011
DIE LEWE IS 'N LIED
Die lewe is 'n lied
en jy my vriend 'n skitterblink diamant
glesloos, en geslyp in God se hand.
Solank ek aan jou arm hang
verhelder jou glans ook my lewensgang.
en jy my vriend 'n skitterblink diamant
glesloos, en geslyp in God se hand.
Solank ek aan jou arm hang
verhelder jou glans ook my lewensgang.
Monday, 23 May 2011
DIE NERINA'S BLOM
Kom nader, my kind, kom staan hier by my;
sien hoe teen die asuurblou lug
skelpienk trompette skal in helder middaglig.
Kyk hoe dans die stingels grasieus
op maat van die suid-ooste wind, my kind.
Hoor my roep, maak gou, maak haastig, kom kyk!
Te gou is die kortstondige seisoen verby en
is verdorde knolle onder kluite grond
àl wat van oorvloedige uitbundigheid bly...

Sunday, 22 May 2011
NAGMERRIE
Gewigloos...
tyd-
beweging-
en geruisloos...
h
a
n
g
ek
in grenslose vakuum vasgevang
sonder gedagte, emosie of drang
alleen...
Tot opeens uit die duister duisende, staalblink silinders ylings, skelkletterend op
my afreën!
Bloedstollend galm my vrees verbaal:
vrees wat my jaag
na my voete
gryp -
my meëdoonloos inhaal...
....Struikelend,
swetend,
op hande en knieë geknak -
asem gesnak -
vlug ek...
blindelings,
bibberend,
beangs,
vir die monster van die nag.

Saturday, 21 May 2011
Maak toe jou oë...
Maak jou mond toe oor 'n happie yskoue, ryp waatlemoen...
skarlaken rooi...mals en soet soos die passievolste soen.
Voel die gladde, pikswart pitte parmantig
tussen jou tande rondspring.
Sit 'n oomblikke stil, adem die geur in, kou stadig verder;
proe die krummelrige tekstuur sponsig op jou tong.
Steun behaaglik terwyl die suikersap teen jou ken aftap...
mmm... sluk die koel behaaglikheid en voel dit stadig afsak...
Kom ons neem hierdie keer 'n ryp, goudgeel peer.
Voel die saggeel skilletjie weerbarstig skeur terwyl
die pikante smaak en geur jou mond en neusgate vul;
ervaar - en verwonder jou aan die verskil.
Of probeer 'n tot-barstensvol korrel druif persrooi mooi;
laat dit tussen jou pruilende lippe tot in jou mond gly
hierdie heerlikte vanuit die wonderskone, vrugbare Franschhoek vallei.
Proe die son, die reën, Suid-Ooste wind en groeikrag uit die grond.
Rol dit tussen jou tande rond tot die sap uit die krakende dop pars -
die vonkelvars geur van nuwewyn: somer, sonlig, dans en lag!
Wat van die swaarder, donker persswart geur
van satynglad, saggeronde bessies, pragtig geskakeer
wat skaamteloos jou verhemelte, tong en lippe vlek?
Die stroperige, soet nageur wat jou nog lank jou lippe laat lek?
Kosbare verrykende sintuig van ons bestaan
om te proe - 'n gratis genotvolle gawe uit God se hand -
As ons dalk in die toekoms, deur aardverwarming en tegnologie gedwing
in plek daarvan aan pilletjies kou, sal ons onthou en
verlang om hierdie heerlikhede weer te mag beleef.
Geniet hierdie dag; geniet die nou -
oes kosbare herinneringe wat vir altyd hou!

Monday, 16 May 2011
VUURHOUTJIE, VLAM, VRIENDIN...
Dankbaar en tevrede met die lewe
sit ek koel-gemaklik in my vel en klere
agter die stuurwiel van my Ford sedan op pad na
Stellenbosch en na jou, my pêl, om saam jou
verjaarsdag te vier.
Dis 'n vreugdevolle okasie ter ere van die lief
en leed van die lewe; van vriendskap, familie en plesier.
Die teerpad sing op die ritme van die wiele saam met die maat van die vuur
onder die enjinkap 'n opgewekte lied.
Ek kyk na die prag van die wit spiraal meesterlik
uitgevoer deur die bosluisvoëls se presisie-vlug
teen die oopgesperde grootsheid van die wolklose, saffierblou, somerslug.
Luid krassend blaker hul van vreugde oor die vryheid
om hoog bo die aarde te mag sweef en baljaar,
sodat hul alles op die grond as 'n prentjie-mooi legkaart
daar ver, doer onder, op die aardbodem ervaar.
Ek dink aan ons vriendskap oor meer as vier dekades in tyd;
veertig jaar, kan jy glo, sonder woede, haat, seermaak of nyd
en ek verwonder my dat ons mekaar telkens by die weersiens dieselfde vind -
gekleurde hare en bont vere - om Vader Tyd se verweer te verskans - tenspyt
en dieselfde warmte ervaar asof ons pal in verbinding is met mekaar.
Hierdie is 'n waarheid : vriendkap is 'n skat, wat, as jy dit
vind, jy moet troetel en koester soos 'n kosbare kind.
Duisend dankies, my maat - ook vir traannat wintersdae
deur jou getroue vriendskap helder en draaglik gemaak!

Subscribe to:
Posts (Atom)